Logos Multilingual Portal

Select Language



Stanislaw Jerzy Lec (1909 - 1966)



Polish satirist, poet, aphorist. He belonged to poetry of the "second" postwar period which was noted for the expression of philosophical thought.
Stanislaw Jerzy Lec was a satirical poet noted for skeptical philosophical aphorisms in Mysli nieuczesane (published in series from 1957 with the title of "Unkempt Thoughts").






alle gode was onsterflik
die haan kraai selfs op die oggend van die dag waarop hy in die pot beland
die haas hou van polenta – het die kok gesê
die lewe neem te veel van ’n mens se tyd in beslag
die liefde vir die eie land weet niks van die grense van ander nie
die skrywer wat nie die dieptes ondersoek nie, sal altyd kop bo water hou
dink na voordat jy dink
dit is moeilik om vas te stel wie uit eie wil met die stroom saamgaan
dit is ook die ongeletterheid van ander wat dit moeilik maak om te skryf
gedagtes, nes vlooie, spring van mens tot mens, maar hulle byt nie elkeen nie
hy het sy eie vlag omhoog gehys ... sodat hy nie daarna hoef te kyk nie
mense het stadige reflekse - dit neem oor die algemeen verskeie geslagte om iets te begryp
moenie in die nag om hulp roep nie. Jy kan dalk jou bure wakker maak
moenie toelaat dat die vryheid van spraak afgedwing word voordat die vryheid van denke ervaar is nie
om onsself te kan wees, moet ons iemand wees
ons is almal gelyk voor die reg, maar nie voor diegene wat aangestel is om dit toe te pas nie
sy gewete was skoon; trouens, hy het dit nooit gebruik nie
wanneer jy monumente verwoes, bewaar die voetstukke. Hulle bly altyd bruikbaar
wees onselfsugtig: respekteer die selfsug van andere
wie weet wat Columbus sou ontdek het as Amerika nie in die pad gekom het nie